Feesprogram

Die Varingfees Komitee behou die reg om aanpassings aan die feesprogram te maak sonder enige kennisgewings.

GASHEER: PEDRO KRUGER

Die boytjie van Brackenfell, Pedro Kruger is al 8 jaar seremoniemeester en sedert 2007 die ambassadeur van die gewilde Varing Musiekfees. Hy is akteur, sanger, musikant en regisseur. Met verskeie top Teater en TV produksies op sy kerfstok, bly hy een van Suid Afrika se gunsteling persoonlikhede.

:: Hoofverhoog ::

VRYDAG

- Hekke open 15:30

17:15
LINDI GROBLER

In 2010 het Lindi haar loopbaan ‘n stappie verder gevat en haar debuut album, “Hier om te bly” bekendgestel. Haar liedjies word tans landswyd op radiostasies gespeel. Lindi het al die verhoog gedeel met hoë profiel kunstenaars soos Anke Pietrangeli, Shaun Tait, Carlo DG, Demond Wells, Snotkop, Jakkie Louw, Pieter Smith en Hugo Nieuwoudt.

18:05
SUZANNE

Suzanne het onlangs haar sesde album, Die Sesde Keer uitgereik. Sy het werklik ‘n unieke stem en sy sorg vir ‘n splinternuwe klank. Van die gunstelinge op haar album is beslis die liedjie ”Gatswaai” wat sy met die gewilde Afrikaanse ster Snotkop sing en ‘n mens kry onwillekeurig lus om self die ou lyf te begin wikkel op dié liedjie.

19:00
DIE CAMPBELLS

Die Campbells staan bekend as een van die suksesvolste kunstenaars wanneer dit by gesins vermaak kom, ouers en kinders geniet hulle musiek. Hulle lewendige vertoning en ritmiese musiek belowe om julle te vermaak soos nog nooit tevore nie. Hulle nuuste album, “Komaan kom dans“ is 2011 vrygestel met 18 lekker loslit dans liedjies.

20:00
WALDO LOTZ

Waldo Lotz is 'n stylvolle aantreklike sanger wat enige vrou se hart laat warm klop. Sy warm verhoog persoonlikheid laat 'n mens gou tuis voel in sy teenwoordigheid. Hierdie minnesanger is Suid Afrika se nuutste toevoeging tot die Afrikaanse musiekmark met 'n tipiese Enrique Iglesias aanslag gemeng met 'n Michael Bublé warmte.

20:55
MONIQUE

MoniQue - ‘n meisie met ‘n twist. Sy is vars, energiek en geseën met ‘n dinamiese stem. Met tien jaar se ondervinding gaan MoniQue, wat met Cascada vergelyk kan word, Suid-Afrika se dansgodin word. Sy toor met sneltempo-sweettappers en sy bekoor eweneens met intieme liefdesballades. Haar debuut-enkeltreffer “Sê my hoe” is reeds ‘n dansvloerknakker in sokkieklubs.

21:55
DIE BROERS

Die Broers, Christo, Cobus en Nic is alombekend vir hul harmonieuse sang en polsende liedjies. Hul nuutste CD, “Broers Grootste Treffers LIVE”, is ‘n lewendige opname tydens ‘n konsert van al hul grootste treffers. Liedjies soos “Huistoe, 10 000 Myl, Toeter Skoeter, 7x70, Jonk Bly, Trein na Margate” en vele meer sal jou laat dans tot die son opkom.

22:55
SNOTKOP

Die gewilde, SAMA benoemde kunstenaar, Snotkop is een van die land se populêrste kunstenaars wat duisende mense se harte gesteel het met sy talent, musiek, passie en aansteeklike energie! Snotkop is ‘n rare talent wat terug staan vir niks, en met sy unieke persoonlikheid, aansteeklike musiek en groot hart is dit geen wonder dat elke sokkie, braai en fees dreun met sy musiek nie.

SATERDAG

- Hekke open 08:30

09:45
JOMARI

Jomari is vaardig met die klavier en kitaar en sy kan bladmusiek lees. Haar stemveelsydigheid word dikwels op ander kunstenaars se albums as agtergrondsangeres benut en heelparty sangers het al van haar liedjies opgeneem. Sy is druk doenig om buitelandse vertonings te reël en daar is sprake van ‘n duet met Shaggy; dalk selfs Enrique.

10:30
NADIA LOUW

Sy sing die land aan die brand en sy het al die verhoog gedeel met talle van Suid Afirka se grootste kunstenaars. Haar debuutalbum, “Plain Jane”, bevat Afrikaans en Engelse liedjies - dit is 'n moet om te luister. Nadia Louw is beslis nie 'n "Plain Jane" as dit by musikale vermoë kom nie. Hou hierdie Kaapse sangsensasie dop!

11:20
HUGO NIEUWOUDT

Sy liefde vir die lewe en sy liefde vir musiek word positief op die album, “Ek wil lewe vir môre” uitgebeeld. Opvallend van “Ek wil lewe vir môre” is die goeie balans tussen die strelende luisterliedjies en die lekker ritmiese nommers, soos “Meer en meer” en “Wip in jou stap”. Hugo se nuutse album word in Augustus 2011 bekendgestel.

12:15
EMO ADAMS

Sedert Emo Adams die Afrikaans musiekbedryf 3 jaar terug betree het, het hy nie teruggestaan om sy gehore te vermaak met ‘n ‘energetic’ en ‘goofy’ vertoning by feeste en funksies nie. Met treffers soos “Gums Kawielie Wams” en “Die Nuwe Oudkraalliedjie” het hy gehore op hul voete. Sy dinamiese, diverse en komiese verhoogpersoonlikheid is ‘n unieke pakket.

13:10
ROMANZ

Die viermanskap Romanz is die opwindendste vokale kwartet nóg in Afrikaans! Hul albums “My Hele Hart” en “Bly getrou” was vir platinumstatus bestem. Dit is nie net Romanz se besondere stemme nie, maar dit is ook hul menslikheid, hul toeganklikheid, hul vertroue in mekaar en hul onwrikbare geloof in God wat Romanz die suksesvolste en gewildste vokale kwartet in Afrikaans maak.

14:05
MANIE JACKSON

Manie Jackson sing country, pop, balladas en dansnommers. Hy kan en mag sing. Hy sing al vir jare. Geniet musiek wat opkikker, boonop deur ‘n stem vertolk wat die passie van musiek tot sy reg laat kom. Sy nuutste treffers “Die Hemel weet, Julia en Kom laat my weer lewe” word op radiostasies landswyd gespeel.

15:00
RUAN DE WAAL

Met 'n splinternuwe album, 'n gewisse radiotreffer en 'n volwassenheid wat sy jeug omarm, is Die Namibiese sangsensasie gereed vir welslae. Voeg daarby 'n goeie stem en vasberadenheid om dinge te laat werk - en Ruan de Waal hét alles wat nodig is om 'n popster te skep! Hy is ernstig oor sy musiek en bestee baie tyd aan dié talent.

15:55
CHARLIZE BERG

Charlize het, toe sy 15 jaar oud was, deelgeneem aan die uitdunne van die High School Musical-kompetisie waar kandidate gesoek is vir die hoofkarakters van die bekende vertoning. Sy het sopas haar album vrygestel en het ook duette saam met Kurt Darren en Heinz Winckler opgeneem.

16:55
JOE NIEMAND

Joe Niemand, ‘n gesogte naam in die musiekindustrie as sanger en liedjie skrywer het ‘n rits albums agter sy naam. Hy’s ook bekend vir die lied “A New Day” wat hy vir die Suid-Afrikaanse film Faith Like Potatoes gekryf en gesing het. In Maart 2011 is 2 albums vrygestel, waarvan een onder andere sy eerste Afrika album is wat saam met die Tswhane Gospel Koor opgeneem is; “Revival: The Anthems of Joy” en ook sy eerste en lankverwagte Afrikaanse album, “Ek Sal Nie Bang Wees Nie”. Joe is besig om die musiek te skryf vir die musiekblyspel, “Ester” wat in September 2011 in die Staatsteater op die planke is. Joe speel ook die rol as Koning Xerses in “Ester.”

17:50
ADAM

`n MANSGROEP met woema en dinamika. Die drie lede is almal kunstenaars in eie reg. Hugo Ludik wat geen bekendstelling nodig het nie, Reynardt Hugo wat ook beter bekend is as dr. Tertius Jonker van Binnelanders faam en Joe Foster 'n gevestigde musiekant,liedjieskrywer en vervaardiger. ADAM beloof om Suid- Afrika iets te gee wat hulle nog nie voorheen gesien of gehoor het nie.

18:45
HEINZ WINCKLER

Heinz was die eerste SA Idol in 2002 en het alreeds 3 albums op die rak. Sy 3de album is ook sy eerste Afrikaans album met treffers soos “Ek kan weer in liefde glo”, “Jakarandakoningin” en “Dis daai 20 minute” het alreeds platinumstatus bereik in November 2010. Hy werk tans aan ‘n nuwe album wat binnekort bekendgestel gaan word.

19:45
KURT DARREN

Kurt Darren, Suid-Afrika se sokkiesuperster het verkope van oor die 1 miljoen CD’s en na vyftien roemryke jare in die musiekbedryf kry Kurt Darren se aanhangers wat hulle wil hê: musiek met skop én hart! Sy albums is `n bewys van sy veelsydigheid, sy unieke styl en sy persoonlikheid. Maak nie saak wat Kurt Darren doen nie, die sleutelwoord bly kwaliteit.

20:50
ANDRIËTTE

Andriëtte, naaswenner van Idols in 2007, se derde album “Vat My Hoër” is kraakvars op die rak en neem haar musikaliteit na hoër hoogtes en nuwe horisonne. “Vat My Hoër” is ‘n volwasse kontemporêre album met treffende, oorspronklike liedjies wat Andriëtte se kenmerkende fluweel-stem, styl en musikaliteit nommerpas komplementeer.

21:50
ARNO JORDAAN

Die immergewilde Afrikaanse Superster, Arno Jordaan het reeds 6 CD’s vrygestel sedert 2004. Arno se werketiek, asook sy professionalisme, sorg dat hy een van die mees suksesvolste, asook besigste kunstenaars in die land is en met sy nuwe album, beloof Arno om sy bewonderaars wat strek van jonk tot oud net die beste te gee, die beste van Arno Jordaan.

22:50
NICHOLIS LOUW

Nicholis Louw is een van die opwindendste popsensasies in die Afrikaanse musiekbedryf in jare. Dié man kan sing, of dit nou pop, rock of romantiese ballades is. Gee hom ’n Afrikaanse lied en hy maak seker jy “rock jou lyfie”! Van sy grootste treffers sluit in “Generaal”, “Water jou mond?”, “Vergeet en Vergewe” en “Rock daai lyfie”.

:: 2de Verhoog ::

VRYDAG

- Hekke open 15:30

20:00 - 20:30
JACQUES G

20:30 - 21:00
MARCELLE BOSMAN

21:00 - 21:30
NATALIE MOSTERT

21:30 - 22:00
MARI-LEIGH PAINTER

22:00 - 22:30
MARIUS SWANEPOEL

22:30 - 22:55
UMOJA

SATERDAG

- Hekke open 08:30

18:30 - 19:00
ADEL VIOLA

19:00 - 19:30
KARLA VAN REENEN

19:30 - 20:00
NATASHA HORSTMAN

20:00 - 20:30
BELINDA PRINSLOO

20:30 - 21:00
MOMENTUS

21:00 - 22:00
DIE TUINDWERGIES

Hul musiekvideos ‘Kopskudkinders’, ‘Opvoeding en Leiding’ & ‘Sy Sê’ speel gereeld op MK en KykNET asook op die gewilde KykNET program, JUKEBOX. Suid-Afrika se grootste sepie, ‘7de Laan’ het ook die Tuindwergies genader om in een van die epsiodes te verskyn. Die Tuindwergies se musiek is sonder pretensie – dit bring verseker nuwe klanke en energie vir Suid-Afrikaanse musiek.

SONDAG

09:15
RIANA VAN WYK

Riana van Wyk is 'n professionele sangeres en sangonderwyseres van Brackenfell. Sy tree tans landwyd op met haar huidige album "You're my glory" en getuig van haar herstel nadat 'n aneurisme op 2 Oktober 2010 haar 'n 2% kans op herstel gegee het. Riana bring 'n boodskap van hoop en liefde en gee gee God al die eer vir haar talent.

09:30
JOE NIEMAND

Joe Niemand, ‘n gesogte naam in die musiekindustrie as sanger en liedjie skrywer het ‘n rits albums agter sy naam. Hy’s ook bekend vir die lied “A New Day” wat hy vir die Suid-Afrikaanse film Faith Like Potatoes gekryf en gesing het. In Maart 2011 is 2 albums vrygestel, waarvan een onder andere sy eerste Afrika album is wat saam met die Tswhane Gospel Koor opgeneem is; “Revival: The Anthems of Joy” en ook sy eerste en lankverwagte Afrikaanse album, “Ek Sal Nie Bang Wees Nie”. Joe is besig om die musiek te skryf vir die musiekblyspel, “Ester” wat in September 2011 in die Staatsteater op die planke is. Joe speel ook die rol as Koning Xerses in “Ester.”